ECN vra ordelike, hoflike stemdag

Loading player...
Namibiërs stem vandag vir hulle plaaslike en streeksverteenwoordigers met stembusse wat regoor die land om sewe-uur oopmaak. Die Verkiesingskomssie moedig leiers en kandidate aan om vroeg by hul aangewese stemlokale op te daag om hul stemme uit te bring, waardeur hul ondersteuners gemotiveer word om in groot getalle op te daag. Die kommisse vra verder dat kiesers hoflikheid teenoor pensioenarisse en ander kwesbare lede van die samelewing toon deur hulle toe te laat om eerste te stem. Kiesers word aangemoedig om sambrele, water en, waar van toepassing, kampstoele saam te neem. Reën word voorspel. Namibië stem vandag in die streeks- en plaaslike owerheidsverkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Zenia Klazen, die direkteur van die Namibiese Verkiesingskommissie.
25 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min