Hongkong-geboue brand steeds, 44 dood, 279 vermis

Loading player...
Die dodetal na ʼn massiewe brand wat talle hoë woonstelgeboue in Hongkong se Tai Po-distrik verswelg het, het tot 44 gestyg met 45 slagoffers in ʼn bedenklike toestand. Altesaam 279 mense word nog vermis. Owerhede sê drie mans, twee direkteure en ʼn ingenieursraadgewer van ʼn konstruksiemaatskappy, is op aanklagte van strafbare manslag gearresteer. Die adjunkdirekteur van Hongkong se brandweer, Derek Armstrong Chan, sê hulle sukkel om die brand onder beheer te bring:
26 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min