ANC sê almal moet saam kom teen geslagsgeweld

Loading player...
Die ANC sê Suid-Afrika kan nie die waardes van die Vryheidsmanifes ten volle verwesenlik of sy demokratiese winste saamvoeg terwyl vroue, kinders en kwesbare persone steeds met bedreigings leef nie. Die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders word tans tot 10 Desember gehou. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê hulle vra die samelewing om hul pogings te verskerp en voorkoming te versterk, oorlewendes te ondersteun en toeganklike geregtigheid en psigo-maatskaplike dienste vir die betrokkenes te verseker:
26 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min