Nog geen uitsluitsel oor Nasan-Vivo verkryging

Loading player...
Die Namibiese Mededingingskommissie sê Nasan Energies se voorgestelde verkryging van 53 Engen- en Shell-vulstasies van Vivo Energy is steeds onbeslis nadat meer as 20 openbare voorleggings, insluitend besware, ontvang is. Woordvoerder Dina //Gowases het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die transaksie, wat in September aangekondig is, blyk ingewikkeld te wees, met kommer oor Vivo Energy se potensiële voortgesette oorheersing en vrae oor Nasan Energies se onafhanklikheid. Sy het gesê geen gevolgtrekking is bereik nie en die saak is steeds op die tafel.
27 Nov 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min