MIV/Vigs-reaksie sukkel sonder USAid

Loading player...
Aan die einde van 2024 was die wêreld nader as ooit om Vigs as 'n openbare gesondheidsbedreiging teen 2030 te beëindig. Op daardie stadium was 31,6 miljoen van die 40,8 miljoen mense wat met MIV leef, op lewensreddende behandeling. MIV-voorkomings- en behandelingsdienste, en die fokus op die maatskaplike hindernisse wat mense 'n verhoogde risiko vir MIV plaas, het gelei tot 'n afname van 40 persent in die aantal nuwe infeksies en 'n afname van 54 persent in die aantal Vigs-verwante sterftes tussen 2010 en 2024. Na die afkondiging deur president Donald Trump dat USAid befondsing gestop sal word het verskeie programme gely daaronder. Dr. Jacques Kamangu van die gesondheidministerie sê die vasteland moet minder staatmaak op buitelandse hulp.
28 Nov 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min

Rehoboth Baster-gemeenskap het baie om te vier

Nadat die Rehoboth Baster-gemeenskap uiteindelik op 25 April hulle kaptein ingehuldig het, is die groep ook as 'n tradisionele owerheid erken. Die gemeenskap berei nou voor vir die volgende groot geleentheid, Sam Khubis, wat op 8 Mei herdenk word. Pastoor Leonard Pienaar, wat ook op die volksraad aangestel is, het…
28 Apr 10AM 1 min