Grond-operasies teen Venezolaanse dwelmhandelaars op pad

Loading player...
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê operasies sal binnekort oor land begin om vermeende Venezolaanse dwelmhandelaars te keer. Die Amerikaanse Weermag het meer as 12 oorlogskepe en 15 000 soldate in die streek ontplooi in wat die Pentagon Operation Southern Spear noem. Die Weermag het reeds meer as 80 mense gedood in aanvalle op bote as deel van die veldtog teen dwelms. Trump sê hulle doen alles moontlik om Venezolaanse dwelmhandelaars te stop:
28 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min

Rehoboth Baster-gemeenskap het baie om te vier

Nadat die Rehoboth Baster-gemeenskap uiteindelik op 25 April hulle kaptein ingehuldig het, is die groep ook as 'n tradisionele owerheid erken. Die gemeenskap berei nou voor vir die volgende groot geleentheid, Sam Khubis, wat op 8 Mei herdenk word. Pastoor Leonard Pienaar, wat ook op die volksraad aangestel is, het…
28 Apr 10AM 1 min