Burgerlike samelewingsgroepe is tevrede met 'n beslissende uitspraak deur die Hooggeregshof in Johannesburg, wat owerhede dwing om veilige en onbelemmerde toegang tot gesondheidsorgdienste te waarborg. Die groepe, insluitend die Treatment Action en Kopanang Africa Against Xenophobia, sê die uitspraak is 'n belangrike stap tot die beëindiging van maande se intimidasie…
AfriForum sê Europese steun vir Suid-Afrika se minderheidsgemeenskappe groei namate bewustheid van misbruike deur die ANC-regering toeneem. Die burgerregte-organisasie het die Europese Parlement ingelig oor plaasmoorde, eiendomsbedreigings en diskriminerende beleide. Ernst van Zyl van AfriForum sê hulle veldtog onder die titel 'Die wêreld moet weet' is daarop gemik om wêreldwye…
Copps 94.1, in samewerking met die Namibiese polisie, reserviste en vrywilligers, het ‘n besige Vrydagaand op Walvisbaai agter die rug, met dronkbestuur en dwelms wat ‘n groot probleem op dié kusdorp is. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus berig van die toneel oor van die voorvalle waar hulle moes ingryp:
Kragonderbrekings sal Sondag, 7 Desember, in Otjiwarongo en Tsumeb plaasvind terwyl Cenored en NamPower groot substasietoetse van 8-uur die oggend tot 5-uur die middag uitvoer, met 'n tweede onderbreking wat op 14 Desember vir Otjiwarongo beplan word. Die werk sluit belangrike primêre en sekondêre inspuittoetse in Tsumeb en die oordrag…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.