Swapo maak skoonskip in plaaslike owerheidsverkiesings

Loading player...
Net 36,3 persent van mense wat geregistreer het om in die afgelope plaaslike owerheidsverkiesing te stem, het hul kruisies Woensdag gaan trek, toon amptelike uitslae wat Saterdag deur die Verkiesingskommissie van Namibië, die ECN, vrygestel is. Swapo het 52,4 persent van alle stemme in die plaaslike owerheidsverkiesing gewen, gevolg deur die Independent Patriots for Change met 15,01 persent en die Landless People’s Movement met 5,85 persent. Die voorsitter van die ECN, Elsie Nghikembua, het tydens die bekendmaking van die finale uitslae ‘n beroep op Namibiërs gedoen om die uitslae te aanvaar:
29 Nov 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer Europese steun teen diskriminasie in SA, sê AfriForum

AfriForum sê Europese steun vir Suid-Afrika se minderheidsgemeenskappe groei namate bewustheid van misbruike deur die ANC-regering toeneem. Die burgerregte-organisasie het die Europese Parlement ingelig oor plaasmoorde, eiendomsbedreigings en diskriminerende beleide. Ernst van Zyl van AfriForum sê hulle veldtog onder die titel 'Die wêreld moet weet' is daarop gemik om wêreldwye…
6 Dec 1AM 1 min

Copps 94.1: Rowwe aand op Walvisbaai

Copps 94.1, in samewerking met die Namibiese polisie, reserviste en vrywilligers, het ‘n besige Vrydagaand op Walvisbaai agter die rug, met dronkbestuur en dwelms wat ‘n groot probleem op dié kusdorp is. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus berig van die toneel oor van die voorvalle waar hulle moes ingryp:
5 Dec 11PM 1 min

Krag sal Sondag af wees in Otjiwarongo, Tsumeb

Kragonderbrekings sal Sondag, 7 Desember, in Otjiwarongo en Tsumeb plaasvind terwyl Cenored en NamPower groot substasietoetse van 8-uur die oggend tot 5-uur die middag uitvoer, met 'n tweede onderbreking wat op 14 Desember vir Otjiwarongo beplan word. Die werk sluit belangrike primêre en sekondêre inspuittoetse in Tsumeb en die oordrag…
5 Dec 10AM 1 min

Kaapse Forum en Saai takel bemagtiging deur landbou

Die Kaapse Forum en Saai het 'n vennootskap aangegaan om Kleurling-gemeenskappe, insluitend skole, te bevoordeel. Die forum se woordvoerder, Bernard Pieters, sê die vennootskap sal volhoubare landbouprojekte, soos groentetuine en pluimveeboerderye begin om leerders en jong werkers vaardighede sowel as blootstelling aan nasionale en internasionale geleenthede te bied:
5 Dec 10AM 1 min