Muller sê oor COP20-tameletjie

Loading player...
Namibië het weer pak gekry by COP20 en is toestemming geweier om in renosterhoring te handel, sowel as om sy ivoor voorraad te verkoop. HORN Namibia is by Cites se wat tot 5 Desember in Oezbekistan plaasvind en Jaco Muller van Rhino Momma is ook daar namens HORN. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe die tameletjie opgelos kan word.
1 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA brei uit in buurland, in aanloop tot verkiesing

ActionSA sê na dekades onder ANC-leierskap word die belofte van vryheid ondermyn deur gebrekkige dienslewering, toenemende werkloosheid en verswakte instellings. Die party sê hy het doelbewuste stappe gedoen om ʼn geloofwaardige, gestruktureerde alternatief te bou. ActionSA-woordvoerder Boitumelo Molefe sê hulle het die afgelope maande nasionaal uitgebrei met die doel om…
28 Apr 6AM 1 min

Nog klagtes teen Cole Tomas Allen

Die Amerikaanse aanklaer vir die Distrik van Columbia, Jeanine Pirro, het bevestig dat Cole Tomas Allen, verdagte in die skietery by die Withuis-korrespondente-dinee, nog aanklagte in die gesig staar. Die 31-jarige Allen word van drie federale misdade aangekla: poging om die president te vermoor, vervoer van ʼn vuurwapen oor staatsgrense…
28 Apr 6AM 1 min

Harley-eienaars se 7de kussaamtrek word nie naweek gehou

Die sewende Harley Davidson-kussaamtrek begin op 29 April en duur tot 5 Mei, wat Harley-ryers van reg oor Namibië en Suid-Afrika sal trek. Dit begin Woensdag by die Old Wheelers-klub in Windhoek. Donderdag sal die motorfietsryers vertrek na Swakopmund, waar hulle om vieruur by die Dome sal vergader. Vrydag sal…
28 Apr 6AM 1 min

Ekonoom gee voorspelling oor Woensdag se repokoers

Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee vergader tans en die repokoers sal môre bekend wees. Kosmos 94.1 Nuus het by Cirrus-ekonoom Oliver Diggle sy voorspelling gekry. Hy verduidelik wat die moontlike uitkoms kan wees en waarom 'n verhoogde repokoers nie noodwendig sin gaan maak nie.
28 Apr 6AM 1 min