Junior hokkie-vroue gee alles, en leer steeds

Loading player...
Die Namibiese Junior Vroue-hokkiespan het 13-0 teen ‘n uiters sterk Indiese span in Santiago in Chile verloor. Dit was die span se openingswedstryd en die dames het moed en toewyding getoon teen die globale elite-span. Afrigter Sedtric Makati sê hulle gee net hulle beste, elke keer.
2 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Huise: Konstruksie moet van goeie gehalte wees

Die regering het 137 miljoen Namibiese dollar opsy gesit vir die bou van 3 106 huise vir lae-inkomste Namibiërs, en daar word aangedring dat daar verseker word dat die huise gebou word volgens 'n standaard wat geskik is vir gesinslewe. Die projek sal voorkeur gee aan die voltooiing van voorheen-gestaakte…
28 Apr 3AM 1 min

Gauteng ouers bepleit om kinders in te ent

Die Gautengse Gesondheidsdepartement vra ouers om voorrang te gee aan kinderinentings namate inentingsvlakke afneem. Afrika-inentingsweek is daarop gemik om inentingsprogramme te versterk. Woordvoerder Tshifhiwa Mashamba sê slegs 75,3-persent van kinders onder 'n jaar is in die 2025/26-boekjaar ingeënt teenoor die vorige 83-persent. Mashamba waarsku dit verhoog die gevaar van siektes…
28 Apr 3AM 1 min

SA het nie strukturele ongelykhede aangespreek nie

'n Professor aan die Stellenbosse Sakeskool, Armand Bam, sê Suid-Afrika het nie genoeg gedoen om strukturele ongelykhede uit te wis wat in apartheid gewortel is nie. Hy het teenoor SABC News die ongelykhede in welvaart en leierskap uitgelig en sê 'n klein persentasie besit die meerderheid van welvaart. Bam sê…
28 Apr 3AM 1 min

Demokrate reageer op blaam oor taalgebruik

Na die Withuis-perssekretaris Karoline Leavitt uitgevaar het teenoor Demokrate en sê dit is hulle retoriek wat die sluipmoordpogings op president Donald Trump aanhits, sê Demokrate dat die Republikeine eerder na hulle eie taal gebruik moet kyk. Die Demokratiese leier in die Huis, Hakeem Jeffries.
28 Apr 3AM 1 min

BoN, Namfisa se verslae oor stabiliteit 30 April bekend

Namibië se twee hoof-finansiële reguleerders, die Bank van Namibië en Namfisa, sal gesamentlik hul jongste finansiële stabiliteitsverslag op 30 April vrystel. Die verslag, met die tema “Finansiële veerkragtigheid in onsekere tye”, is in wese 'n gesondheidstoets van die land se finansiële stelsel, wat kyk na hoe goed dit risiko's plaaslik…
28 Apr 2AM 1 min