
NNN bepleit vir veilige paaie oor vakansie-seisoen
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah, in haar hoedanigheid as beskermheer van padveiligheid in Namibië, vra vir verhoogde waaksaamheid op die paaie gedurende die feestyd.Die president se pleidooi kom nadat 2 793 padongelukke van Januarie tot middel November aangeteken is, wat gelei het tot 431 sterftes en 4 565 beserings. ’n Noodlottige ongeluk Dinsdag het die lewens van vyf mense in die Onyaanya-kiesafdeling in die Oshikoto-streek geëis. Die president vra dat almal moet saamwerk sodat die koste van ongelukke beter bestee kan word.

