
Kenner sê oor koalisies wat in 24 owerhede gestig moet word
Loading player...
In 24 plaaslike owerhede het geen politieke party 'n volstrekte meerderheid gekry in die verkiesings nie, en koalisie-groeperings is hul voorland. Dit sluit in Swakopmund, Keetmanshoop, Tsumeb, Grootfontein, Ondangwa en Gobabis. In Windhoek het Swapo 'n volstrekte meerderheid gekry, na 'n paar jaar van koalisie-rade wat soms beskryf is as die rede vir ondoeltreffende plaaslike regering. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder Dr. Marius Kudumo gepraat oor koalisieregerings.

