Navo sê oor Oekraïne se lidmaatskap

Loading player...
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê Oekraïne bly op koers om by die wêreld se grootste veiligheidsalliansie aan te sluit, maar daar is tans geen eenstemmigheid oor die saak nie. Amerika se 28-punt-vredesplan stel voor dat Navo nie verder uitbrei nie. Rusland eis dit lankal, asook dat Oekraïne nie tot die alliansie toegelaat word nie. Rutte sê voor Oekraïne as lid aanvaar word, moet al 32 bondgenote eenparig saamstem:
3 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Okahandja-skole kry voorafbetaalde meters

Die onderwysministerie het voorafbetaalde watermeters by skole in Okahandja geïnstalleer, asook voorafbetaalde elektrisiteitsmeters, wat hom baie geld spaar. Dit is volgens lynminister Sanet Steenkamp in die Nasionale Vergadering, in antwoord op 'n vraag van die Republikeinse Party-parlementslid Mathias Mbundu oor 'n gebrek aan water by skole in die dorp.
27 Apr 11PM 1 min

Withuis blameer Demokrate se taal vir sluipmoordpoging op Trump

Die verdagte in die skietery by die Withuis se jaarlikse korrespondente-dinee, Cole Tomas Allen, is aangekla van poging om Amerikaanse president Donald Trump te vermoor. Allen, 'n 31-jarige van Kalifornië, is ook aangekla van wapenmisdrywe wat verband hou met die voorval by die Washington DC Hilton. Die Withuis se perssekretaris,…
27 Apr 11PM 1 min

Land is 'stortingsterrein vir gevaarlike insekdoders'

Greenpeace Africa, saam met verskeie burgerlike groepe, pleit vir 'n vasteland-verbod op hoogs gevaarlike plaagdoders en waarsku dat die produkte bydra tot kanker, onvrugbaarheid en omgewingskade. Mark Paxton, eienaar van Shamvura-kamp by die Okavango-rivier, het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sy steun vir die voorgestelde verbod uitgespreek en…
27 Apr 11AM 1 min

Vermy doop in riviere, vra polisie na verdrinkings

Die polisie in Mpumalanga vra inwoners om godsdienstige byeenkomste in riviere te vermy ná verskeie verdrinkings. Woordvoerder Jabu Ndubane het bevestig drie kinders het in die Wellasrivier in eMbalenhle verdrink, en 'n bejaarde pastoor het in die Etiyeni-dam verdrink. Sy sê geregtelike doodsondersoeke is geopen. Ndubane waarsku gemeenskappe om veiligheid…
27 Apr 11AM 1 min