
Venaani vra weer vir August 26 se state
Loading player...
PDM-leier McHenry Venaani het weereens 'n beroep gedoen dat August 26 sy finansiële verslae vrystel. August 26, 'n 100 persent staatsbeheerde maatskappy, het sedert sy ontstaan in 1998 geen geouditeerde finansiële rekords aan die Nasionale Vergadering gelewer nie. Venaani doen al sedert 2017 ‘n beroep op die vrystelling van die finansiële state. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die voortgesette gebrek aan aksie oor hierdie saak president Netumbo Nandi-Ndaitwah se standpunt teen korrupsie ondermyn.

