LPM staan bankvas agter die landdroste

Loading player...
Die LPM het sy gewig agter die stakende landdroste gegooi en die uitvoerende gesag daarvan beskuldig dat hulle hul plig om die land se instellings te laat funksioneer, versuim het. Die staking het gelei tot die onbepaalde vertraging van die beëdiging van nuutverkose plaaslike en streekleierskap. Met onderhandelinge wat nie vorder nie en kommer oor justisieminister Wise Immanuel se "apatiese" benadering, sê die LPM dis tyd dat burgers saam met die landdroste staan. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa:
4 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS in Tuinroete bevestig

Die Wes-Kaapse regering wag steeds op die uitslag van toetse wat vir bek-en-klouseer gedoen is. Die monsters is onlangs op ʼn plaas in die Tuinroete-distrik geneem. Die munisipaliteit se woordvoerder, Herman Pieters, sê beeste met moontlike simptome is aan die westekant van George opgemerk waarna monsters geneem en na ʼn…
17 Feb 5AM 1 min

Guterres bepleit billikheid tydens Ramadan

Miljoene Moslems begin vandag met Ramadan, een van die heiligste tye vir die geloof. Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guterres vra dat in die verdeelde tye, moet die wêreld ag slaan op Ramadan se blywende boodskap om gapings te oorbrug, hulp en hoop te bied aan diegene wat ly en…
17 Feb 5AM 1 min

Privaatsektor moet op vaardighede fokus

Vaardigheidsoordrag in Namibië is onder die loep, na 'n vierdejaar natuur- en wildbewaringstudent gesê het die koste van internskappe, wat nodig is om te gradueer, plaaslike studente verhoed om die beroep te betree. Privaat- en nie-regeringsorganisasies in die bedryf bied internskappe aan vir Namibiese studente, maar dikwels teen meer as…
17 Feb 5AM 1 min

Wat gaan BoN môre met repokoers doen?

Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee vergader vandag met die repokoers wat môre aangekondig sal word. Suid Afrika se repokoers is onveranderd op 6,75 persent in Januarie gehou met Namibië wat tans op 6,5 persent staan. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom, Oliver Diggle gepraat vir sy voorspelling.
17 Feb 5AM 1 min

NaCC vind ook ongerymdhede met oorname van 52 vulstasies

Voorlopige bevindinge deur die Namibiese Mededingingskommissie waarsku dat 'n voorgestelde ooreenkoms, een maatskappy oorweldigende beheer oor Namibië se brandstofkleinhandelmark kan gee. Die plan sal daartoe lei dat Nasan Energies Namibia, 52 Engen- en Shell-handelsmerk-vulstasies van Vivo Energy Namibia verkry, wat 'n potensiële markaandeel van 70 tot 80 persent skep. Nasan…
17 Feb 5AM 1 min