Dané maak terugkeer in reeks teen Iere

Loading player...
Die voormalige kaptein van die Protea-vrouespan, Dané van Niekerk, kan na twee-en-'n-half jaar haar terugkeer na internasionale aksie maak in môre se eerste T20 teen Ierland in Kaapstad. Sy het haar uittrede aangekondig ná 2023 se Wêreldbekertoernooi in die formaat nadat sy weens fiksheidsprobleme uitgelaat is, maar het dit onlangs omgekeer. Die 32-jarige Van Niekerk is ingesluit in die groepe vir albei witbalreekse teen die Iere. Sy glo sy het baie meer om die span te bied:
4 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Land is 'stortingsterrein vir gevaarlike insekdoders'

Greenpeace Africa, saam met verskeie burgerlike groepe, pleit vir 'n vasteland-verbod op hoogs gevaarlike plaagdoders en waarsku dat die produkte bydra tot kanker, onvrugbaarheid en omgewingskade. Mark Paxton, eienaar van Shamvura-kamp by die Okavango-rivier, het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sy steun vir die voorgestelde verbod uitgespreek en…
27 Apr 11AM 1 min

Vermy doop in riviere, vra polisie na verdrinkings

Die polisie in Mpumalanga vra inwoners om godsdienstige byeenkomste in riviere te vermy ná verskeie verdrinkings. Woordvoerder Jabu Ndubane het bevestig drie kinders het in die Wellasrivier in eMbalenhle verdrink, en 'n bejaarde pastoor het in die Etiyeni-dam verdrink. Sy sê geregtelike doodsondersoeke is geopen. Ndubane waarsku gemeenskappe om veiligheid…
27 Apr 11AM 1 min

Windhoek se /Ae //Gams Kuns- en Kultuurfees groter as ooit

Die Stad Windhoek berei voor vir die 2026-uitgawe van die /Ae //Gams Kuns- en Kultuurfees op 8 en 9 Mei. Die geleentheid, wat as die grootste kulturele geleentheid op die stad se kalender beskou word, stel Namibië se kulturele erfenis ten toon deur musiek, tradisionele kookkuns, kuns, kunsvlyt en mode…
27 Apr 10AM 1 min

Net paar vaartuie gaan baat by nuwe maasbankervangsone: vereniging

Die kabinet se besluit om visvangbeperkings vir onverwerkte maasbankervangste te verslap, kry sterk teenkanting van die plaaslike maasbankervereniging. Die nuwe maatreëls laat geselekteerde vaartuie toe om vir 12 maande vanaf 1 Mei nader aan die kus binne 'n diepte-beperking van 150 meter vis te vang en stel 'n eksklusiewe sone…
27 Apr 10AM 1 min