Rugby: Dan Carter sien uit na moontlike All Black-Bokke kwarteindstryd

Loading player...
Die legendariese All Black-losskakel Dan Carter is opgewonde oor die moontlikheid dat Nieu-Seeland en Suid-Afrika mekaar kan raakloop in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbekertoernooi. Die Springbokke, die tweemalige verdedigende kampioen, speel in Groep B teen Italië, Georgië en Roemenië. Die All Blacks is in Groep A saam met die gasheerspan, Australië, Chili en Hongkong China. Carter, ʼn dubbele Wêreldbeker-wenner, sê dit maak nie saak teen wie jy speel wanneer jy die uitklopfase bereik nie:
4 Dec 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oud-Air Namibia werkers by appèl in hooggeregshof

Die voormalige werkers van Air Namibia is vandag in die hooggeregshof na die likwidateurs appèl aangeteken teen ‘n hoërhofuitspraak in Augustus 2024 dat die werkers se volledige pakkette uitbetaal moet word. Kosmos 94.1 Nuus se hofkorrespondent is op die toneel en het met Renier Bougaard, die werkers se woordvoerder gepraat…
17 Feb 3AM 1 min

Zama-Zamas grou in Springs, Gauteng

Die Departement van Minerale en Petroleumbronne het die onwettige mynbou naby die Gugulethu-informele nedersetting in Springs, Gauteng, veroordeel. Tientalle inwoners van Payneville het sedert verlede week begin grawe na die beweerde ontdekking van gouddeeltjies in 'n kraal. Sommige beweer die terrein was voorheen 'n mynhoop, terwyl ander sê dit lê…
17 Feb 3AM 1 min

Tongaat Hulett se likwidasie sal groot impak op KZN hê

Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, het kommer uitgespreek oor die moontlike likwidasie van Tongaat Hulett en waarsku dit kan landelike gemeenskappe en plaaslike regeringsfinansies beskadig. Senzelwe Mzila van die Departement waarsku dat die ineenstorting van die 134 jaar oue suikerprodusent duisende landelike werksgeleenthede…
17 Feb 2AM 1 min

Amerika probeer net vrede in Europa bewerkstellig

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê president Donald Trump soek 'n besliste einde aan die oorlog tussen Rusland en Oekraïne. 'n Tweede ronde vredesamesprekings onder leiding van die VSA sal vandag in Switserland begin, met Moskou wat hou by sy eise vir omvattende territoriale en politieke toegewings…
17 Feb 2AM 1 min

Kabinet keur krag-verbindingsprojek met Angola goed

Die kabinet het die ontwikkeling van die Angola-Namibië, of ANNA, elektrisiteitsverbindingsprojek goedgekeur as 'n strategiese infrastruktuurbelegging, wat deur die energieministerie deur NamPower gedryf sal word. Inligtingminister Emma Theofelus sê in die jongste kabinetsbesluite die kabinet het ook die nasionale kragverskaffer opdrag gegee om 'n bilaterale kragkoopooreenkoms en projekontwikkelingsooreenkoms te finaliseer,…
17 Feb 2AM 1 min