Norris huiwerig om McLaren vir spanbevel te vra sodat hy F1-titel kan wen

Loading player...
Lando Norris sê hy is huiwerig om McLaren te vra vir ʼn spanbevel vir Oscar Piastri om hom te help om Sondag sy eerste Formula 1-bestuurderskampioenskap by die seisoen se laaste geleentheid in Abu Dhabi te wen. Norris is 12 punte voor Max Verstappen van Red Bull en 16 voor spanmaat Piastri. Die Brit het slegs ʼn podiumplek nodig om wêreldkampioen te word. Norris sê dis die span se besluit om ʼn spanbevel vir Piastri uit te reik:
5 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tongaat Hulett se likwidasie sal groot impak op KZN hê

Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, het kommer uitgespreek oor die moontlike likwidasie van Tongaat Hulett en waarsku dit kan landelike gemeenskappe en plaaslike regeringsfinansies beskadig. Senzelwe Mzila van die Departement waarsku dat die ineenstorting van die 134 jaar oue suikerprodusent duisende landelike werksgeleenthede…
17 Feb 2AM 1 min

Amerika probeer net vrede in Europa bewerkstellig

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê president Donald Trump soek 'n besliste einde aan die oorlog tussen Rusland en Oekraïne. 'n Tweede ronde vredesamesprekings onder leiding van die VSA sal vandag in Switserland begin, met Moskou wat hou by sy eise vir omvattende territoriale en politieke toegewings…
17 Feb 2AM 1 min

Kabinet keur krag-verbindingsprojek met Angola goed

Die kabinet het die ontwikkeling van die Angola-Namibië, of ANNA, elektrisiteitsverbindingsprojek goedgekeur as 'n strategiese infrastruktuurbelegging, wat deur die energieministerie deur NamPower gedryf sal word. Inligtingminister Emma Theofelus sê in die jongste kabinetsbesluite die kabinet het ook die nasionale kragverskaffer opdrag gegee om 'n bilaterale kragkoopooreenkoms en projekontwikkelingsooreenkoms te finaliseer,…
17 Feb 2AM 1 min

SA het ekonomiese plan nodig - IRR

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê onder die huidige omstandighede sal ekonomiese groei laag bly, werkloosheid sal aanhou styg en Suid-Afrikaners sal steeds geleenthede tot ʼn beter lewe ontneem word. Die land is meer as ʼn dekade lank in ʼn groef van lae groei vasgevang, en as gevolg daarvan het die…
17 Feb 2AM 1 min

TLU SA sê burokrasie belemmer inenting teen BKS

Die landbou-organisasie TLU SA sê dringende optrede is nodig om die verspreiding van bek-en-klouseer te stop en die landbousektor te beskerm. Die organisasie is ten volle betrokke by die bek-en-klouseerbedryf se koördineringsraad om boere se belange te beskerm en te verseker dat vee-inentings vinnig uitgerol word. TLU SA se Bennie…
17 Feb 1AM 1 min