SA het mans nodig wat vroue respekteer

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het mans nodig wat respek vir vroue het, wat medelydend, verantwoordbaar en sterk van karakter, en nie met hul vuiste, is nie. Hy het gister die geleentheidsrede gelewer by die Vrystaatse Provinsiale Mansindaba wat by Limo Green Park in Bloemfontein, gehou is. Suid-Afrika vier tans 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld. Ramaphosa sê geslagsgeweld word deur mans gepleeg, en is misdaad wat in die naam van kultuur pleeg word om hul manlikheid te bewys:
5 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

TLU SA sê burokrasie belemmer inenting teen BKS

Die landbou-organisasie TLU SA sê dringende optrede is nodig om die verspreiding van bek-en-klouseer te stop en die landbousektor te beskerm. Die organisasie is ten volle betrokke by die bek-en-klouseerbedryf se koördineringsraad om boere se belange te beskerm en te verseker dat vee-inentings vinnig uitgerol word. TLU SA se Bennie…
17 Feb 1AM 1 min

Reform UK behaal beduidende oorwinning oor Arbeiders

Reform UK het 'n beduidende oorwinning teen die Arbeidersparty gehad. Die regering het laat in 2025 aangekondig dat 30 plaaslike owerheidsverkiesings uitgstel en Reform het toe ‘n hof-aansoek van stapel gestuur. Op 16 Februarie het die regering die planne amptelik geskrap. Hulle het bevestig dat alle verkiesings soos beplan op…
17 Feb 1AM 1 min

Kenyatta sê vredespogings in die DRK vorder

Die voormalige Keniaanse president Uhuru Kenyatta sê vordering word gemaak met pogings om vrede in die Demokratiese Republiek die Kongo te herstel. Kenyatta, wat die proses fasiliteer, het bevestig dat beraadslagings vorder voor 'n Angola-bemiddelde wapenstilstand met die M23-groep wat vandag begin. Hy het tydens die Afrika-Unie-beraad in Addis Abeba,…
17 Feb 12AM 1 min

Gariseb en kie baklei met Stad Windhoek

Spanning styg tussen Stad Windhoek en die Khomas Inwoners- en Belastingbetalersvereniging nadat die Stad 'n openbare terugtrekking geëis het oor beweerde lasterlike opmerkings. Die dispuut volg op kritiek deur die vereniging nadat die stadsraad se eerste vergadering vir die jaar 'n straathernoeming op sy agenda geprioritiseer het, 'n stap wat…
17 Feb 12AM 1 min