
Studie onthul omvang van korrupsie in SA
Loading player...
Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing sê dit is uiters belangrik om 'n kultuur van zero-toleransie teenoor korrupsie te bevorder om 'n regverdige en onpartydige Suid-Afrika tot stand te kan bring. Die raad het die uitslae van sy navorsingsprojek, Korrupsie en Gedragsverandering: Opsporing van Maatskaplike Norme en Waardes in Suid-Afrika, vrygestel. Die studie toon die omvang van korrupsie in die land. Steven Gordon van die raad sê baie mense het gesê hulle woon in gemeenskappe waar staatsamptenare by omkopery, nepotisme en seksuele afpersing betrokke is:

