Nee, Swapo het wel verkiesings gewen

Loading player...
Die LPM het in 'n onlangse persverklaring gesê dat Swapo nie eintlik die verkiesing gewen het nie, en dat die opposisie nie verloor het nie. Volgens kommentators het Swapo gewen want daar is hernude vertroue in die party as gevolg van Netumbo Nandi-Ndaitwah se presidentskap. Cirrus het die syfers ontleed en bevind dat net 40 persent van geregistreerde kiesers gestem het. Tannan Groenewald van Cirrus sit die syfers uiteen.
5 Dec 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

TLU SA sê burokrasie belemmer inenting teen BKS

Die landbou-organisasie TLU SA sê dringende optrede is nodig om die verspreiding van bek-en-klouseer te stop en die landbousektor te beskerm. Die organisasie is ten volle betrokke by die bek-en-klouseerbedryf se koördineringsraad om boere se belange te beskerm en te verseker dat vee-inentings vinnig uitgerol word. TLU SA se Bennie…
17 Feb 1AM 1 min

Reform UK behaal beduidende oorwinning oor Arbeiders

Reform UK het 'n beduidende oorwinning teen die Arbeidersparty gehad. Die regering het laat in 2025 aangekondig dat 30 plaaslike owerheidsverkiesings uitgstel en Reform het toe ‘n hof-aansoek van stapel gestuur. Op 16 Februarie het die regering die planne amptelik geskrap. Hulle het bevestig dat alle verkiesings soos beplan op…
17 Feb 1AM 1 min

Kenyatta sê vredespogings in die DRK vorder

Die voormalige Keniaanse president Uhuru Kenyatta sê vordering word gemaak met pogings om vrede in die Demokratiese Republiek die Kongo te herstel. Kenyatta, wat die proses fasiliteer, het bevestig dat beraadslagings vorder voor 'n Angola-bemiddelde wapenstilstand met die M23-groep wat vandag begin. Hy het tydens die Afrika-Unie-beraad in Addis Abeba,…
17 Feb 12AM 1 min

Gariseb en kie baklei met Stad Windhoek

Spanning styg tussen Stad Windhoek en die Khomas Inwoners- en Belastingbetalersvereniging nadat die Stad 'n openbare terugtrekking geëis het oor beweerde lasterlike opmerkings. Die dispuut volg op kritiek deur die vereniging nadat die stadsraad se eerste vergadering vir die jaar 'n straathernoeming op sy agenda geprioritiseer het, 'n stap wat…
17 Feb 12AM 1 min