Polisie las klopjag ná massaskietvoorval in Pretoria

Loading player...
Die polisie het 'n klopjag na drie verdagtes van stapel gestuur na die moord op elf mense by 'n sjebien die Saulsville Hostel in Atteridgeville, in die weste van Pretoria. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagtes het Saterdagoggend by die kuierplek aangekom en lukraak begin skiet. 'n Totaal van 25 mense is geskiet, tien is op die toneel dood en een slagoffer is later in die hospitaal oorlede. Sy sê drie jong kinders van tussen drie en 16 jaar is onder die oorledenes:
7 Dec 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN hou jaarafsluitingsvergadering met kabinet

Die administrasie van president Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag die laaste kabinetsessie van die jaar gehou. Die president het die kabinet toegespreek en haar ministers herinner oor dienslewering en sê verder dat die ondersteuning vir Swapo versterk moet word.
9 Dec 4AM 1 min

Voertuig verbind met Madlanga-moord gevind

Die Nasionale Polisiekommissaris Fannie Masemola het bevestig die polisie het een van die twee voertuie opgespoor wat gebruik is in die moord op die Madlanga-kommissie-getuie Marius van der Merwe. Hy is Vrydag buite sy huis in Brakpan doodgeskiet. Masemola het die Van der Merwe-gesin gisteraand oor die vordering in die…
9 Dec 4AM 1 min

Gariseb soek vergadering met nuwe hoofstad raadslede

Die Katutura Residents and Ratepayers Association het 'n afvaardigingsversoek aan die Stad Windhoek gestuur. Dit is 'n wetlike bepaling in terme waarvan hulle gevra het om in Februarie aangehoor te word tydens die tweede sitting van die nuwe raad. Hulle redes is dat hulle wil hê die nuwe raad uitstaande…
9 Dec 3AM 1 min

Aussies sonder Hazlewood in reeks om die As

Die Australiese snelbouler, Josh Hazlewood, is weens ʼn besering nie beskikbaar vir die res van die reeks om die As nie. Hy het verlede maand sy dyspier seergemaak in Australië se Sheffield Shield-kompetisie. Hazlewood het verlede week nog ʼn terugslag gehad toe hy sy haksening beseer het. Australië loop tans…
9 Dec 3AM 1 min

Wes-Kaap begroot R17m vir brande die somer

Die Regering van die Wes-Kaap het 17 miljoen Suid-Afrikaanse rand bewillig vir brandbestryding vanuit die lug om hierdie somer vinniger op veldbrande te reageer. Die befondsing is deel van die provinsie se 2025/2026 somergereedheidsinisiatief, wat gemeenskappe, eiendomme en kritieke natuurlike infrastruktuur sal beskerm. Verlede jaar is meer as 11 000…
9 Dec 1AM 1 min