Namibiese jagluipers floreer in Indië, sê hoë kommissaris

Loading player...
Indië se hoë kommissaris in Namibië, Rahul Shrivastava, sê die integrasie van Namibiese jagluiperds in die land vorder goed. Indië se jagluiperds uit Namibië sluit nou ‘n derde generasie welpies in en daar is in totaal 17 van dié katte van Namibiese herkoms in die land. Shrivastava het Vrydag in Windhoek tydens die viering van Internasionale Jagluiperddag die nuus gedeel.
7 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toesig, verantwoordbaarheid kritiek - kenner

Die skorsing van twee senior bestuurders by TransNamib het opnuut ernstige kommer oor die bestuur van die staatsbeheerde spoorwegoperateur laat ontstaan. Jare van verkrygingsonreëlmatighede, finansiële verliese en swak beheermaatreëls het hulpbronne dreineer wat bedoel was om die ekonomie te laat groei. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die…
16 Feb 11PM 1 min

Ikoniese Duvall sterf op 95

Die Oscar-wenner, Robert Duvall, veral bekend vir The Godfather en Apocalypse Now, is op 95-jarige ouderdom dood. Hy het ʼn roemryke loopbaan van ses dekades gehad nadat hy sy debuut in die 1963-fliek, To Kill A Mockingbird, gemaak het. Duvall was veral bekend vir sy rol as mafia-raadgewer in Francis…
16 Feb 11PM 1 min

Tucna het kommer oor werksomstandighede in visbedryf

Die VakbondKongres van Namibië, Tucna, het kommer uitgespreek oor swak werksomstandighede in die visbedryf en afleggings by verskeie maatskappye. Tucna-president Paulus Hango het op 'n perskonferensie in Walvisbaai Gendev Fishing, wat gedreig het om 489 werknemers af te dank, asook Gendor, NovaNam en Kuiseb Fishing, uitgesonder as van die maatskappye…
16 Feb 10PM 1 min

ActionSA maak voorstelle oor immigrasie, burgers

ActionSA het voorstelle ingedien rakende die hersiene witskrif oor Burgerskap, Immigrasie en Vlugtelingbeskerming, wat strenger beheer vereis en burgers eerste stel. Die party stel 'n jaarlikse asiel-beperking van tien-duisend voor, die afdwinging van die Eerste Veilige Land-beginsel, en die oprigting van Integrasie- en Repatriasie-sentrums. Woordvoerder Lerato Ngobeni sê hulle stel…
16 Feb 10PM 1 min