Mediadekking by Madlanga-kommissie hersien

Loading player...
Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê haar departement hersien mediadekking by die Madlanga-kommissie na die moord op Marius “Vlam” van der Merwe, bekend as Getuie D, in Brakpan, Ekurhuleni, Vrydagaand. Kubayi het tydens die media-inligtingsessie gepraat oor die vordering wat gemaak is in haar eerste jaar in die amp in Pretoria. Die minister sê van der Merwe is beskerming aangebied, wat hy van die hand gewys het, omdat hy gedink het hy het dit nie nodig nie, aangesien hy 'n sekuriteitsmaatskappy bestuur het:
7 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toesig, verantwoordbaarheid kritiek - kenner

Die skorsing van twee senior bestuurders by TransNamib het opnuut ernstige kommer oor die bestuur van die staatsbeheerde spoorwegoperateur laat ontstaan. Jare van verkrygingsonreëlmatighede, finansiële verliese en swak beheermaatreëls het hulpbronne dreineer wat bedoel was om die ekonomie te laat groei. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die…
16 Feb 11PM 1 min

Ikoniese Duvall sterf op 95

Die Oscar-wenner, Robert Duvall, veral bekend vir The Godfather en Apocalypse Now, is op 95-jarige ouderdom dood. Hy het ʼn roemryke loopbaan van ses dekades gehad nadat hy sy debuut in die 1963-fliek, To Kill A Mockingbird, gemaak het. Duvall was veral bekend vir sy rol as mafia-raadgewer in Francis…
16 Feb 11PM 1 min

Tucna het kommer oor werksomstandighede in visbedryf

Die VakbondKongres van Namibië, Tucna, het kommer uitgespreek oor swak werksomstandighede in die visbedryf en afleggings by verskeie maatskappye. Tucna-president Paulus Hango het op 'n perskonferensie in Walvisbaai Gendev Fishing, wat gedreig het om 489 werknemers af te dank, asook Gendor, NovaNam en Kuiseb Fishing, uitgesonder as van die maatskappye…
16 Feb 10PM 1 min

ActionSA maak voorstelle oor immigrasie, burgers

ActionSA het voorstelle ingedien rakende die hersiene witskrif oor Burgerskap, Immigrasie en Vlugtelingbeskerming, wat strenger beheer vereis en burgers eerste stel. Die party stel 'n jaarlikse asiel-beperking van tien-duisend voor, die afdwinging van die Eerste Veilige Land-beginsel, en die oprigting van Integrasie- en Repatriasie-sentrums. Woordvoerder Lerato Ngobeni sê hulle stel…
16 Feb 10PM 1 min