SA onttrek 90-dae visumvrye toegang vir Palestyne

Loading player...
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het Suid-Afrika se 90-dae visumvrystelling vir gewone paspoorthouers uit Palestina teruggetrek. Die stap volg nadat 'n groep van 153 Palestyne verlede maand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park, Ekurhuleni, op 'n huurvlug uit Kenia aangekom het. Schreiber sê ondersoeke het sistemiese misbruik van die vrystelling ontbloot. Reise wat bedoel was vir toerisme-doeleindes of kort verblyf, is egter aangewend om Palestyne uit Gaza te hervestig:
8 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA maak voorstelle oor immigrasie, burgers

ActionSA het voorstelle ingedien rakende die hersiene witskrif oor Burgerskap, Immigrasie en Vlugtelingbeskerming, wat strenger beheer vereis en burgers eerste stel. Die party stel 'n jaarlikse asiel-beperking van tien-duisend voor, die afdwinging van die Eerste Veilige Land-beginsel, en die oprigting van Integrasie- en Repatriasie-sentrums. Woordvoerder Lerato Ngobeni sê hulle stel…
16 Feb 10PM 1 min

Curro-omskepping na raming in Maart afgehandel

Laat in 2025 het die Jannie Mouton-stigting, gelei deur die Suid-Afrikaanse miljardêr Jannie Mouton, 'n suksesvolle bod van 7,2 miljard Suid-Afrikaanse rand ontvang om Curro Holdings te verkry, met die doel om die winsgewende privaatskoolgroep in 'n niewinsgewende entiteit te omskep. Colette Rieckert, die uitvoerende hoof van Curro Namibië, het…
16 Feb 10AM 1 min

Alcaraz sê daar's nog swakpunte in sy spel

Tennis: Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz, sê hy het hy steeds swakpunte in sy spel ondanks sy vele suksesse. Die 22-jarige Spanjaard, wat verlede maand sy loopbaan-Grand Slam voltooi het deur die Australiese Ope te wen, speel dié week in die Katarse Ope in Doha. Alcaraz, wat sy veldtog môre teen…
16 Feb 10AM 1 min

Mej. Namibië-kroning vanjaar op Gobabis

Die Mej. Namibië-organisasie het die Mej. Namibië-kompetisie amptelik van stapel gestuur, met Gobabis wat die gasheerdorp van vanjaar se kroningsgeleentheid sal wees. Datums vir die geleentheid moet nog aangekondig word. Die nasionale direkteur van die organisasie, Beaulah Boois-Beukes, sê ontwikkeling op alle vlakke moet inklusief wees, en bygevoeg dat die…
16 Feb 9AM 1 min