SA se grense beveilig met komende vakansie

Loading player...
Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, waarsku reisigers om nie misdaad by Suid-Afrika se grensposte te pleeg nie, want hulle sal opgespoor en in hegtenis geneem word. Hy sê verbeterde wetstoepassingsoperasies begin Woensdag en sal tot 15 Januarie 2026 voortduur. Hy het bygevoeg maatreëls sal verskerp word om dwelms, onwettige goedere en gesteelde voertuie op te spoor en te konfiskeer:
8 Dec 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Brandweerhoof maan oor braaivleis-vure

Alle braai-liefhebbers, julle moet versigtig wees vir meer as 'n braaivleis-vuur wat kan vlam vat hierdie feesseisoen. Stad Windhoek brandweer offisier, Fillipus Sikongo, waarsku dat 'n braaivleis-vuur in meer kan ontaard as die braaiers nie versigtig is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Sikongo gepraat wat verduidelik hoe om veilig…
8 Dec 5AM 1 min

Handel in renosterhoring sal nie stropery stop nie

Namibië se voorstelle oor renosters by die Cites COP20-beraad in Oesbekistan bly in die nuus. Die meerderheid van lande by die konvensie het Namibië se voorstel verwerp om die verkoop van renosterhorings toe te laat. Die land het ook gevra om toegelaat te word om renosters op die hoef te…
8 Dec 5AM 1 min

Beesbemarking het vanjaar gesukkel

Die nasleep van Namibië se droogte het ‘n groot impak op die beesbemarking vanjaar gehad. Met kuddes wat steeds herstel, kan volgende jaar 'n beter jaar vir boere inhou. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou-ekonoom Leigh Anne Nehoya by die Namibiese Landbou-unie gepraat. Sy brei oor beesbemarking vanjaar uit:
8 Dec 5AM 1 min

Trump kan moontlik sy rug op Oekraïnse vredesproses draai

Die Amerikaanse president se seun, Donald Trump Junior, het aan Sky News gesê dat sy pa moontlik nog sy rug op die vredesproses in die Oekraïne sal draai. By die Doha-beraad sê hy Amerikaners stel nie belang in die oorlog nie.
8 Dec 4AM 1 min