
Steenhuisen praat oor komende plaaslike regeringsverkiesing
Loading player...
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die 2026-plaaslike regeringsverkiesing is van groot belang en gaan skerp betwis word. Steenhuisen het die kongres van die DA in die Noord-Kaap in Upington toegespreek. Hy sê in sommige dele van die land verduur gesinne eindelose wateronderbrekings, besoedelde voorrade, verstopte riool en gebreekte infrastruktuur wat nooit herstel word nie. Hy het bygevoeg die rioolkrisis is op die punt waar inwoners daagliks saamleef met dreigende omgewings- en gesondheidsrampe wat deur wanbestuur en verwaarlosing veroorsaak word:

