
Landmyne is 'n reuse uitdaging in Sirië
Loading player...
‘n Jaar na die val van die Assad-regime in Sirië is dit duidelik dat die omvang van landmyne baie wyer strek as wat verwag is. Die internasionale organisasie wat landmyne verwyder, HALO, se programdirekteur vir Sirië, Simon Jackson, sê hulle het meer as 1 600 ongevalle gehad as gevolg van plofbare toestelle.

