Die Stad Windhoek berei voor vir die 2026-uitgawe van die /Ae //Gams Kuns- en Kultuurfees op 8 en 9 Mei. Die geleentheid, wat as die grootste kulturele geleentheid op die stad se kalender beskou word, stel Namibië se kulturele erfenis ten toon deur musiek, tradisionele kookkuns, kuns, kunsvlyt en mode…
Die kabinet se besluit om visvangbeperkings vir onverwerkte maasbankervangste te verslap, kry sterk teenkanting van die plaaslike maasbankervereniging. Die nuwe maatreëls laat geselekteerde vaartuie toe om vir 12 maande vanaf 1 Mei nader aan die kus binne 'n diepte-beperking van 150 meter vis te vang en stel 'n eksklusiewe sone…
Die Landless People’s Movement ondersoek die geskorste voormalige voorsitter van die //Kharas-streekraad, Joseph Isaack, nadat hy aan The Namibian gesê het dat partyleier Bernadus Swartbooi verdeel-en-heers-taktieke gebruik wat moontlik interne verdeeldheid aanwakker. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Isaack volhou dat die boodskappe uitgelek is en…
Die Openbare Dienskommissie het sy jaarlikse voorsittersrede aangebied. Die voorsitter, Salmaan Jacobs, het aangekondig dat die totale regeringswerknemers vermeerder het van 110 002 in 2023/2024 na 114 304 in 2024/2025. Jacobs gee meer inligting.
Die polisie op die OR Tambo-internasionale Lughawe in Gauteng het 'n 26-jarige Brasiliaanse burger in hegtenis geneem toe 8,7-miljoen Suid-Afrikaanse rand se kokaïen onderskep is. Woordvoerder Athlenda Mathe sê lede het intelligensie ontvang en die persoon se bagasie deursoek met landing, waarop die dwelm ontdek is. Dit is deel van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.