Gratis tersiêre onderwys: Nanso het kommer

Loading player...
Reaksie word ontvang oor gratis tersiêre onderwys wat uitgebrei word na private instellings. Daar is egter beperkings rakende watter studente kwalifiseer. Ouers moet 100 000 Namibiese dollar of minder per jaar verdien, af van 500 000 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van die woordvoerder van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Jessy Abraham.
11 Dec 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Batohi ontken dat sy gelieg het in die Cato Manor-saak

Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, ontken dat sy gelieg het oor die rol van die raadgewer, David Broughton, in die Cato Manor-afpersingsaak, en aanklagte rakende die voormalige Misdaadintelligensie-hoof, Richard Mdluli. Sy is kruisondervra voor die Nkabinde-ondersoek na die hoof van die Gautengse Nasionale Vervolgingsgesag, Andrew Chauke, se…
11 Dec 10PM 1 min

Machado het vir 16 maande voor Oslo-besoek weggekruip

Die Venezolaanse opposisieleier, María Corina Machado, wat maande lank weggekruip het, sê dat sy presies weet watter risiko's sy loop deur na Noorweë te reis om haar Nobelprys vir vrede af te haal. Machado het in die middel van die nag in Oslo verskyn en van 'n hotelbalkon vir ondersteuners…
11 Dec 10PM 1 min

Korrektiewe Diens spog met 153 nuwe lede

Die Namibiese Korrektiewe Diens het 153 nuwe personeellede in hul geledere verwelkom. Die lynminister, Lucia Iipumbu, sê die toevoegings sal help om die huidige personeeltekort, wat op 65 persent staan, te verminder. Sy het die opmerkings gemaak in Omaruru tydens die gradeplegtigheid vir leerlinge van die 9de Basiese Oriënteringsopleidingskursus.
11 Dec 10AM 1 min

DA verwelkom skoolveiligheidsplan

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die Onderwysdepartement se toewysing van meer as 5,2-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir skoolveiligheid en -sekerheid tydens die Desember-vakansie. Woordvoerder Peter Johnson sê die belegging is 'n regstreekse reaksie op meer as 840 voorvalle van misdaad, opsetlike beskadiging en diefstal wat skole reg oor die provinsie…
11 Dec 10AM 1 min