Nampol se stelsel vir gedragsertifikate is aflyn

Loading player...
Nampol sê sy kriminele rekordstelsel is tans landswyd nie aanlyn nie en dus, kan die polisie nie die publiek bystaan met gedragsertifikate nie. Die sertifikaat word algemeen vereis vir werksaansoeke, visumaansoeke om in die buiteland te werk of te studeer, of ander amptelike doeleindes om te bewys dat 'n persoon geen kriminele rekord het nie. Nampol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
12 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Plan-veterane oorskadu Swapo se peperduur hoofkantoor bekendstelling

Swapo se inhuldiging van sy nuwe hoofkwartier in Windhoek word oorskadu deur 'n langdurige protes van Plan-veterane wat buite kamp opgeslaan het en antwoorde eis oor beweerde VN-fondse. Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die probleem duur al jare voort en weerspieël 'n gebrek aan…
27 Apr 6AM 1 min

ActionSA stel nuwe burgemeesterskandidaat voor

ActionSA het Mary Phadi as sy burgemeesterskandidaat vir die Nkangala-distriksmunisipaliteit bekendgestel, voor die plaaslike regeringsverkiesing. Partyleier Herman Mashaba het die skuif tydens 'n veldtog in Mpumalanga bevestig. Phadi, 'n voormalige provinsiale sameroeper van die MK-party, het voortdurende diensleweringsmislukkings gekritiseer en sê die distrik is in 'n krisis gedompel. Sy het…
27 Apr 6AM 1 min

Ondersoek na praktyke in mikroleningsektor

Die mikroleningsektor word ondersoek weens bewerings van roofgedrag en die uitbuiting van kwesbare verbruikers deur hoë rentekoerse en onwettige praktyke. Die parlementêre staande komitee oor ekonomie het tydens 'n openbare verhoor met sektorspelers kommer uitgespreek dat sommige leners rentekoerse van tot 50 persent per maand hef. Namfisa se bestuurder van…
27 Apr 6AM 1 min

Akkerbouraad maak planne met rekord mielie-oes se berging

Daar is kommer oor die rekord witmielie-oes wat op meer as 100 000 ton geskat word. Terwyl dit uiters goeie nuus is vir produsente en voedselsekerheid, word daar beraam dat drie keer die hoeveelheid mielies in Mei en Junie ingebring kan word met beperkte silo-kapasiteit. Kosmos 94.1 Nuus het met…
27 Apr 6AM 1 min