
OR Tambo-grensbeheer onderskep Ethiopiërs, Bangladesjis
Loading player...
Die Grensbestuursowerheid het hierdie week twee belangrike onderskeppings by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng gemaak. In die eerste voorval is 14 Ethiopiese burgers met aankoms onderskep, nadat 'n ontleding van passasierbesonderhede hul bewegingspatroon as verdag uitgewys het. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê in nog 'n voorval is 16 mans van Bangladesj ook onderskep nadat hulle Donderdag by die lughawe aangekom het:

