
NNN prys Nasionale Jeugdiens se programme
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend die 16de Nasionale Jeugdiens se uitpasseringsparade by die Rietfontien-opleidingsentrum in Grootfontein gelei. Altesaam 1 036 leerlinge sal van basiese opleiding na die volgende fases van die Nasionale Jeugdiens se driefaseprogram oorgaan en voorberei om hul gemeenskappe te dien. Nandi-Ndaitwah het die werk wat deur die program gedoen word, geprys.

