
Lucas Muha herverkies as Nasionale Raad-voorsitter
Loading player...
Lucas Muha is terug aan die stuur van sake by die Nasionale Raad, en sal die sewende raad lei nadat hy ook die sesde voorsitter was. Elke streek word verteenwoordig deur drie raadslede, verkies in die streeks- en plaaslike owerheidsverkiesings in November. Swapo se Emma Muteka tree in as adjunkvoorsitter en volg Victoria Kauma op. Muha belowe om met deursigtigheid en integriteit te lei.

