Wet moet geskep word wat fasiliteerders van korrupsie vervolg

Loading player...
Die Verenigde Koninkryk stel 'n strenger teenkorrupsie-offensief in wat gemik is op prokureurs, rekenmeesters en ander professionele persone wat korrupte transaksies fasiliteer en misdadigers help om hul rykdom weg te steek. Die voormalige ombudsman John Walters sê dat Namibië soortgelyke maatreëls moet oorweeg. Walters het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat plaaslike wetgewers dikwels te laat optree om wanpraktyke te bekamp.
15 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mej. Namibië-kroning vanjaar op Gobabis

Die Mej. Namibië-organisasie het die Mej. Namibië-kompetisie amptelik van stapel gestuur, met Gobabis wat die gasheerdorp van vanjaar se kroningsgeleentheid sal wees. Datums vir die geleentheid moet nog aangekondig word. Die nasionale direkteur van die organisasie, Beaulah Boois-Beukes, sê ontwikkeling op alle vlakke moet inklusief wees, en bygevoeg dat die…
16 Feb 9AM 1 min

Speenkalwers na SA sal uitdagings ervaar oor BKS: Saai-baas

Die buurland se regering sal die verspreiding van bek-en-klouseer-entstof versnel om die uitbreking te bekamp en biosekerheid te verskerp om vee en boere te beskerm. Die regering sê hy wil die hele nasionale kudde van 14-miljoen inent waarvoor hy ongeveer 28-miljoen entstofdosisse nodig het. Kosmos 94.1 Nuus het met dr…
16 Feb 9AM 1 min

Namibië, Botswana moet grenskwessies aanspreek

Gemengde reaksies volg op voormalige Botswana-president Mokgweetsi Masisi wat om verskoning gevra het vir die moord op die Nchindo-broers en hul neef op die Chobe-rivier in 2020 deur lede van die Botswana weermag. Geaffekteerde gemeenskappe sê die gebaar slaag nie en doen 'n beroep op dringende gesprekke tussen Namibië en…
16 Feb 9AM 1 min

FIS stel alle gryslys-tekorte reg voor sperdatum

Die Finansiële Intelligensie-sentrum sê hy het voor die Mei 2026 sperdatum, al 13 tekorte wat deur die Finansiële Aksie-taakmag uitgewys is aangespreek. Dit kom na die land in Februarie 2024 op die taakmag se gryslys geplaas is. Kosmos 94.1 Nuus het met Bryan Eiseb, die direkteur van die sentrum gepraat.
16 Feb 8AM 1 min

Handskoen gevind in soektog na VSA-nuusleser Guthrie se ma

Die FBI glo 'n handskoen wat naby Nancy Guthrie se huis in Tucson, Arizona, gevind is, is 'n deurslaggewende ontwikkeling in haar ontvoeringsaak. Die Amerikaanse nuusleser Savannah Guthrie se 84-jarige ma het twee weke gelede vanaf haar huis vermis geraak. Die FBI sê forensiese DNS-toetse word op die handskoen gedoen…
16 Feb 8AM 1 min