Familie Tyd

Loading player...
Ons is in die middel van die feesseisoen, wat beteken dat ons heelwat meer tyd as gewoonlik saam met familie spandeer. Dit is vir die meeste mense ’n wonderlike tyd waarin nuwe herinneringe gemaak word. Maar vir baie is dit ook ’n moeilike tyd waarna hulle baie opsien en net so vinnig as moontlik agter die rug wil kry. Ons gesels oor die drie soorte families, wat vergifnis alles behels, en hoe gesonde verhoudings lyk.
26 Dec 2025 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Spesiaal geskape

Carla Cronjé en haar man het vier pragtige kinders, waarvan die jongste, Matthys, met Downsindroom en outisme gediagnoseer is. In haar onderhoud met Madeleine, deel Carla waarom Matthys spesiaal is, en watter groot geskenk die outisme-bystandhond, Farrel, vir Matthys en hulle as ’n gesin is. Madeleine kyk ook na wat…
16 Oct 29 min

Galasiërs vir jou reis

Madeleine kyk in diepte na die brief wat Paulus aan die Galasiërs geskryf het en hoe jy dit op jou Christen Reis kan toepas. Sy fokus veral op die Vrug van die Gees en bespreek elk van die nege eienskappe van ’n Geesvervulde lewe breedvoerig.
9 Oct 31 min

Hy troos jou

Dr. Heidi Trollip, senior dosent by ’n bekende universiteit in Pretoria, weet sonder twyfel dat die Here van die begin af elke tree van haar pad met kanker teenwoordig was. Sy deel haar getuienis met luisteraars, en vertel ook van die besonderse beeld wat die Here haar gewys het as…
2 Oct 30 min

Vier die klein prestasies

Rozette Rogers en haar man het lank gebid vir nog ’n kind. Tien jaar ná die geboorte van hul eersteling is hul gebede uiteindelik verhoor en is klein Johnny gebore. Dit was egter nie ’n maklike pad tot hier nie, en skaars ’n maand gelede het ’n byna-verdrinking boonop die…
25 Sep 29 min

Jy is nie meer ’n slagoffer nie

Agtien jaar gelede het die foto van ’n 17 jarige meisie wat vermis word, mense se harte aangeraak. Vandag is Natalie le Roux 'n entrepreneur, skrywer, spreker en uitgesproke gelowige wat nie bang is om die rou waarheid van haar lewe te vertel nie. Sy deel haar kragtige getuienis met…
18 Sep 28 min