Die Namibiese Deposantewaarborgskema (NDGA) het 'n teiken gestel om sy bates onder bestuur teen 2028 tot 100 miljoen Namibiese dollar te laat groei, met die doel om die veiligheidsnet vir bankdeposante te versterk. Die skema, wat gestig is in die nasleep van die 2018 KMO-bankskandaal – wat duisende Namibiërs nie…
Die Drakenstein-munisipaliteit is onder veeartsenykundige kwarantyn geplaas ná bevestiging van bek-en-klouseer in die Vlakkeland, Paarl-gebied. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ilse Schoombee, sê alle diere met gesplete hoewe word as moontlik besmet beskou en die beweging van vee, voer, toerusting of karkasse is verbode tensy 'n spesiale permit deur 'n staatsveearts…
Die minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het Saterdag in 'n boodskap oor eenheid, na Amerika verwys as die "kind van Europa". Rubio het by die jaarlikse Veiligheidskonferensie in München gepraat, waar Europese nasies hul eie onafhanklikheid wil bevorder maar 'n vennootskap met Amerika probeer handhaaf. Die president van die…
Namibië sluit vandag by gemeenskappe wêreldwyd aan om Internasionale Kinderkankerdag te herdenk, met spesifieke fokus op die uitdagings wat kinders met kanker en hul gesinne in die gesig staar. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word gemiddeld 136 nuwe gevalle van kinders met kanker jaarliks in Namibië aangemeld. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die landbouministerie het 'n multisektorale vergadering oor bek-en-klouseer-voorbereiding en reaksie gehou in die hoofstad. Verskeie partye van die landbou sektor het deelgeneem aan die gesprekke. Suid Afrika het Donderdag as 'n nasionale ramp verklaar. Tydens die vergadering het die adjunk-uitvoerende direkteur van die landboudepartement, Kingsley Kwenani, weereens uitgelig wat 'n…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.