US$250 miljoen wag vir Namibiese transformasie beleggingsplan

Loading player...
Namibië is deur die internasionale Climate Investment Funds genooi om ’n sektorale transformasie beleggingsplan te ontwikkel, wat die nasionale pyplyn van industriële ontkolingsprojekte sal rig. Dit beoog die mobilisering van tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in gerigte kapitaal, tesame met bykomende befondsing van multilaterale ontwikkelingsbanke en finansiële instellings. Die Namibië Groenwaterstofprogram onder administrasie van die Omgewingsbeleggingsfonds het die aankondiging namens die finansministerie gemaak. Meer inligting oor die projek kan op die Groenwaterstofprogram se webtuiste gevind word, op gh2namibia.com. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die program, Jona Musheko.
13 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stormloop vanaand by Beitbrug verwag

Die Grensbestuursowerheid sê bedrywighede bly rustig op die Beitbrug-grenspos in Limpopo, maar 'n toename in busse met buitelandse burgers word later vandag verwag. Die adjunkkommissaris vir Operasies, David Chilembe, sê byna 2 900 mense, meestal Malawiërs en Zimbabwiërs, is Maandag verwerk. Ongeveer 280 gedeporteerdes het gekom vanaf die Lindela-repatriasiesentrum, terwyl…
30 Jun 11AM 1 min

Nuwe tegnologie vuur terreur aan, sê Guterres

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê terrorisme onstaan te midde van globale onbestendigheid, wat gekenmerk word deur verhoogde geopolitieke spanning, langdurige konflikte en toenemende verbrokkeling. Vanjaar is die 20ste herdenking van die VN se Globale Teen-Terrorismestrategie, wat die wêreld se enigste raamwerk is vir die bekamping van…
30 Jun 11AM 1 min

Kenner sê hoekom dagga so gewild is

Reaksie word ontvang op die arrestasie van 'n 28-jarige man wat Sondag met dagga van 741 000 Namibiese dollar betrap is. Vroeër in die maand het die polisie drie verdagtes in twee afsonderlike daggaverwante voorvalle in die Erongo- en //Kharas-streke in hegtenis geneem en dwelms met ’n gesamentlike straatwaarde van…
30 Jun 11AM 1 min

Baynes-waterkragprojek vorder fluks

Vordering word gemaak by die Baynes-waterkragprojek, 'n beplande 600 tot 881 megawatt-aanleg aan die Kunene-rivier. Tydens sy streeksrede vanoggend het die goewerneur van die Kunene-streek, Vipuakuje Muharukua, gesê dat die projek goed deur sy omvangsbepaling- en omgewingsassesseringsfases beweeg, te midde van teenkanting van inheemse gemeenskappe.
30 Jun 10AM 1 min