
Daar is 24 Namibiërs wat na Mianmar verhandel is
Loading player...
Die internasionale betrekkinge-ministerie het bevestig dat 24 Namibiese burgers verstrengel is in gesofistikeerde transnasionale misdaadnetwerke wat in Mianmar en Thailand bedrywig is. Verlei deur wat gelyk het na wettige werk-, opvoedings- en sportgeleenthede, bevind baie hulself nou slagoffers van bedrog en moontlike mensehandel. Die regering sê dat hulle nou saamwerk met internasionale vennote om hul veilige terugkeer te verseker. Woordvoerder van die ministerie, Rosalia Uushona, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

