Akkerbouraad se boeke is gesond

Loading player...
Die Namibiese Akkerbouraad het 'n surplus van 152,3 miljoen Namibiese dollar vir die boekjaar geëindig 31 Maart 2025 aangeteken, teenoor 107,6 miljoen dollar in die vorige boekjaar. Die raad sê die prestasie is gedryf deur hoër heffingsinkomste, sterk beleggingsopbrengste en voortgesette kostebeheer regdeur die organisasie. Totale inkomste vir die jaar het 262,9 miljoen dollar beloop, 'n toename van 45 persent teenoor 181 miljoen dollar inkomste in die vorige boekjaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Liseli Mwilima, die Akkerbouraad se woordvoerder gepraat oor hoe hulle die surplus aanwend.
14 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namcor borgtog-appèl uitgestel na Februarie

Regters Eileen Rakow en Philanda Christiaan het die appèl van Namcor beskuldigdes, Peter en Malakia Elindi, Leo Nandago, Immanuel Mulunga, Olivia Dunaiski en Jennifer Hamukwaya tot 12 Februarie uitgestel. Die groep appelleer teen die weiering van borg op 26 September in die Windhoek-laerhof. Die inligting is volgens die hof te…
14 Jan 8AM 1 min

Moenie minimumloon verhoog, werkverliese kan volg: TLU SA

Die landbouliggaam TLU SA sê verdere verhogings in Suid-Afrika se minimumloon kan werkverliese en armoede vererger, en meganisering vertraag, veral in die landbou- en kleinsake-sektor. Woordvoerder Bennie van Zyl sê stygende arbeidskoste te midde van swak ekonomiese groei, hoë werkloosheid en stygende insetkoste bedreig volhoubare indiensneming. Hy vra loonbepalings wat…
14 Jan 8AM 1 min

SA polisie waarsku oor skoolfoto's op sosiale media

Terwyl die 2026 akademiese skooljaar vandag begin, waarsku die Ekurhuleni-metropolisie ouers en voogde om nie foto’s waarop skoolwapens, skoolklere of -terreine sigbaar is op sosiale media te plaas nie. Die polisiewoordvoerder, Thabiso Makgato, sê hierdie besonderhede kan ernstige gevaar skep en kinders aan aanlyn oortreders blootstel. Sy sê kinderhandel bly…
14 Jan 8AM 1 min

Ons wil nie Amerikaans wees nie, sê Groenlanders

Die Amerikaanse visepresident JD Vance gaan vandag met die Groenlandse en Deense ministers van buitelandse sake in die Withuis vergader oor die toekomstige status van Groenland. President Donald Trump wil die eiland vir Amerikaanse sekuriteit hê, terwyl Denemarke daarop aandring dat Groenland sy soewereine grondgebied is. Die BBC het by…
14 Jan 7AM 1 min

Venezolaanse ambassadeur in Windhoek praat oor Maduro

Die Venezolaanse ambassadeur Magaly Henriquez het veroordeel wat sy beskryf het as 'n militêre aanval deur imperiale magte teen Venezuela. In 'n onderhoud met die media by die ambassade in Windhoek het sy gesê die land het jare van buitelandse druk en inmenging verduur, wat volgens haar internasionale reg en…
14 Jan 5AM 1 min