
Goud verbreek (steeds) sy rekord, silwer agterna
Loading player...
Goud het weer nuwe hoogtes ingevaar vandag en net bo 4 637 Amerikaanse dollar ‘n fynons verhandel en is tans rondom 4 633. Die kommoditeit het in die afgelope week met net meer as 3 persent gegroei. Ekonoom Dawie Klopper sê onsekerheid sal ‘n goeie jaar vir goud beteken.

