
Venezolaanse ambassadeur in Windhoek praat oor Maduro
Loading player...
Die Venezolaanse ambassadeur Magaly Henriquez het veroordeel wat sy beskryf het as 'n militêre aanval deur imperiale magte teen Venezuela. In 'n onderhoud met die media by die ambassade in Windhoek het sy gesê die land het jare van buitelandse druk en inmenging verduur, wat volgens haar internasionale reg en Venezuela se soewereiniteit geskend het. Henriquez het ook die Verenigde State veroordeel vir die ontvoering van president Nicolás Maduro en sy vrou Cilia Flores.

