BKS: VF+ sal regeringsplan noukeurig monitor

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus belowe om die regering se bek-en-klouseerplan fyn dop te hou nadat 'n ramptoestand uitgeroep is. Die party sal voortgaan om politieke druk toe te pas om te verseker dat die maatreëls wat deur die minister van Landbou, John Steenhuisen, aangekondig is om die verspreiding van die uitbreking te beperk, doeltreffend uitgevoer word. Wynand Boshoff van die VF Plus sê baie van hierdie maatreëls is lank reeds moontlik en word sedert 2021 aanbeveel:
16 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Machado gee haar Nobelprys aan Trump

Die Venezolaanse opposisieleier, María Corina Machado, sê sy het tydens ʼn privaat ontmoeting by die Withuis haar Nobel-vredesprysmedalje aan president Donald Trump oorhandig. Sy het die toekenning verlede jaar ontvang vir haar stryd teen die outoritêre regering van president Nicolás Maduro. Trump het op Truth Social gesê dit was ʼn…
16 Jan 2AM 1 min

Limpopo se damme loop oor

Die Departement van Water en Sanitasie sê 14 van Limpopo se 19 damme is nou meer as 100-persent vol na aanhoudende swaar reën. Die Modjadji-, Nsami-, Glen Alpine- en Ebenezer-damme is onder dié wat geraak word, met verskeie damme wat water laat uitloop om vlakke te bestuur. Wisane Mavasa van…
16 Jan 2AM 1 min

TransNamib sal sy dubbelbrandstof lokomotiewe toets

TransNamib het sy projek om twee lokomotiewe om te skakel na dubbelbrandstof-waterstof-diesel-lokomotiewe, aangedryf deur Namibiese groen waterstof, in 2024 tydelik opgeskort. Die projek was uitgestel omdat TransNamib daarop gefokus het om bestaande lokomotiewe op te knap. Kosmos 94.1 Nuus het met Kendall Swartz, TransNamib se uitvoerende beampte vir bemarking en…
16 Jan 1AM 1 min

Robertson laat gaan oor kommer oor All Blacks se rigting

Die voorsitter van die Nieu-Seelandse Rugbyraad, David Kirk, sê die besluit om paaie te skei met die hoofafrigter, Scott Robertson, was weens kommer oor die All Blacks se rigting en vordering. Sy wenpersentasie van 20 oorwinnings uit 27 wedstryde is heelwat laer as dié van sy voorganger, Steve Hansen. Kirk…
16 Jan 12AM 1 min

VSA kondig sanksies teen Iranse amptenare aan

Die Amerikaanse departement van Finansies het sanksies aangekondig teen verskeie Iranse amptenare wat verantwoordelik is vir die land se dodelike optrede teen anti-regering betogers. Onder hulle is die land se nasionale hoof van veiligheid, Ali Larijani. Die minister van Finansies, Scott Bessent, sê die sanksies is gerig op 18 individue…
16 Jan 12AM 1 min