
Geen opdrag aan skole vir voorkeur aan buitelanders nie
Loading player...
Die Gautengse Onderwysdepartement ontken bewerings dat hy by staatskole voorkeur gee aan die plasing van buitelandse burgers bo Suid-Afrikaanse leerders, en beskryf die bewerings as misleidend en ongegrond. Twee-duisend-763 graad 1- en 8-leerders in die provinsie moet nog plek kry by skole. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê geen riglyne gee skole opdrag om voorkeur aan buitelandse burgers te gee nie:

