ILO plaas groot klem op kreatiewe bedryf in Namibië

Loading player...
Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê Namibië se kreatiewe bedryf beweeg van die kantlyn na die hoofstroom, met 'n nuwe vooruitsig vir 2026 wat die sektor in die middelpunt van ekonomiese transformasie plaas. Die momentum volg op die bekendstelling van die Nasionale Kulturele en Kreatiewe Nywerheidstrategie in laat 2025. Gesteun deur 'n regeringsbelegging van 50 miljoen Namibiese dollar in 'n beplande filmstad om die wêreldwye oplewing te benut, skat die organisasie dat duisende nuwe formele werksgeleenthede in film, ontwerp, digitale media en logistiek geskep kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met Byron Joseph, die voorsitter van die Namibiese Filmvereniging gesels.
16 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fourway-informele handelaars kry tydelike markplek

Die Stad Windhoek verwag om teen die einde van hierdie maand 'n tydelike markplek vir die informele handelaars langs die Eneas Peter Nanyemba-pad by Havana Fourway in Katutura te voltooi. Kontrakteurs wat die pad opgradeer, sê dat hulle uitdagings ondervind wat hul werk vertraag, aangesien handelaars hul werk vertraag deur…
16 Jan 7AM 1 min

BATSA se fabrieksluiting 'is weens toegelate kriminaliteit'

Tax Justice SA sê die sluiting van British American Tobacco South Africa se vervaardigingsaanleg is verdoemende bewys dat owerhede se versuim om onwettige sigarethandel te stuit, werksgeleenthede verwoes, staatsinkomste dreineer en die oppergesag van die reg ondermyn. Die maatskappy gaan sy aanleg in Heidelberg, Gauteng, sluit wat 230 werksverliese kan…
16 Jan 7AM 1 min

Ramaphosa sê Limpopo sal bystand kry

President Cyril Ramaphosa beskryf die swaar reën in Limpopo as rampspoedig. Hy het die provinsie gister besoek om die omvang van die skade en die regering se reaksie te bepaal. ʼn Seun is vroeër die week in die Mutale-rivier meegesleur en ʼn vierjarige het Woensdag by die Mbaula-nedersetting verdrink. Die…
16 Jan 5AM 1 min

Tories sê party het uitstekende leierskap met Jenrick wat waai

Die Britse skadu-justisieminister, die Konserwatiewe Party se Robert Jenrick het oorgeloop en aangesluit by Reform UK in ‘n stap wat groot skok veroorsaak het. Die leier van die party Kemi Badenoch het hom voorgespring – voor hy die aankondiging kon maak het sy hom in ‘n video aanlyn afgedank. Nick…
16 Jan 5AM 1 min

Onderwysers is onbevoeg om onderrig in AS te gee - Nanso

Die voorsitter van Nanso, Bernard Kavau, sê onderwysers is nie behoorlik opgelei om NSSC Gevorderde Subsidiêre-vlak, bekend as AS, in skole te onderrig nie. Dit kom na die vrystelling van die graad 11- en 12-uitslae. Hy sê onderwysers se mislukking word dan aan die leerders toegeskryf, wat nie aanvaarbaar is…
16 Jan 5AM 1 min