
Verlaag belasting ook vir SME's, sê ekonoom
Loading player...
Die 2026 begroting word in Februarie verwag wanneer die Nasionale Vergadering heropen. Die regering het verlede jaar aangekondig ddat hy beplan om korporatiewe belasting van 32 tot 28 persent oor die volgende twee jaar te verlaag. Dit is daarop gemik om beleggings te lok, sakegroei te bevorder en die land se mededingendheid in beide streeks- en globale markte te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom, dr. John Steytler gepraat wat sê daar moet ook op SME’s gefokus word om hulle belasting te verminder.

