Staak grondveilings: Sankwasa aan plaaslike owerhede

Loading player...
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het plaaslike owerhede opdrag gegee om die opveil van grond aan inwoners onmiddellik te staak. Sankwasa het vanoggend tydens 'n inlywingswerkswinkel in Rundu gesê die praktyk is onwettig en sal nie tydens sy ampstermyn geduld word nie. Sankwasa sê verder sy ministerie sal grondoudits binne plaaslike owerhede lei om deursigtigheid in grondeienaarskap te verseker.
19 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mediawerkers ook onder skoot met teenmigrasie-betogings

'n Koalisie van mediavryheidsorganisasies het aanvalle op buitelandse burgers en dreigemente teen joernaliste veroordeel voor vandag se beplande optrede teen migrante. Die koalisie sê daar was berigte van geweld, intimidasie en dwarsboming van joernaliste, insluitend pogings om hulle te dwing om beeldmateriaal en dreigemente te verwyder terwyl hulle voorvalle met…
30 Jun 2AM 1 min

Rutte het net lof vir Starmer

Die sekretaris-generaal van Navo, Mark Rutte, sê Keir Starmer was 'n uitstekende premier vir die Verenigde Koninkryk en het die Weste se agenda rakende die oorlog in die Oekraïne gelei. Hy het met Sky News gepraat.
30 Jun 2AM 1 min

McCullum sal nie uittree as hoofafrigter nie

Brendon McCullum sê hy het geen planne om uit te tree as Engeland se hoofafrigter nie. Engeland het die bepalende toets teen Nieu-Seeland in Trent Bridge met 160 lopies verloor en die reeks met 2-1. Die Swartpette is nou die eerste besoekers in 14 jaar om ʼn reeks van drie…
30 Jun 1AM 1 min

VN monitor optogte in SA

Die Verenigde Nasies sê hy gaan betogings teen ongedokumenteerde immigrasie in Suid-Afrika noukeurig monitor. Teen-migrasiegroepe, insluitend March and March en Operasie Dudula, gaan na verwagting vandag massabetogings teen onwettige immigrasie regoor die land hou. VN-woordvoerder Stéphane Dujarric sê dit is belangrik dat betogings kalm en beheersd bly, met volle respek…
30 Jun 1AM 1 min