Jean-Louis Knouwds gesels met Venessa Schoeman, oor wat regtig volhoubaar is wanneer dit by gewigsverlies kom.

Loading player...
Jean-Louis Knouwds gesels met Venessa Schoeman, Redakteur by Voelgoed Media en ook ’n gekwalifiseerde dieetkundige van RSA, oor wat regtig volhoubaar is wanneer dit by gewigsverlies kom.

Navorsing wys: Mense wat gewigsverlies-inspuitings gebruik en dan ophou, tel tot vier keer vinniger gewig op as dié wat dit met dieet en oefening verloor het.

Is hierdie middels ’n langtermyn-oplossing – of net ’n vinnige pleister? 🤔
Moet dokters meer fokus op leefstylveranderinge saam met die inspuitings?
Sou jy dit self oorweeg as jy weet die gewig kan maklik terugkom?
20 Jan 2AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Sokker koors: Jean-Louis gesels met Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis Knouwds gesels met die Namibiese sokkerspeler Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker se ronde van 16, waar groot oorwinnings, skokuitslae en uitstaande individuele vertonings die gesprek oorheers, insluitend Marokko se sterk vorm, Frankryk en Engeland se oorwinnings, Brasilië se uitskakeling deur Noorweë en Haaland se opkoms, asook Afrikaanse hoop met…
6 Jul 4AM 7 min

Jean-Louis gesels met Henrique Carvalho: Die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis gesels met Henrique Carvalho oor die Sokkerwêreldbeker, internasionale wedstryde en wat dit vat om op die grootste verhoog te presteer. Hulle bespreek spanprestasie, sleutelmomente in groot wedstryde en die debat oor Messi en Ronaldo, terwyl Henrique sy eie sportdrome en toekomsvisie deel.
2 Jul 4AM 8 min

Cassia Sharpley: Mej Supranasionaal Namibië 2026 op pad na Pole

Jean-Louis gesels met Cassia Sharpley, Mej Supranasionaal Namibië 2026, voordat sy in Julie na Pole vertrek om Namibië op die internasionale verhoog te verteenwoordig. Sy deel wat hierdie geleentheid vir haar beteken, hoe sy vir die kompetisie voorberei en watter doelwitte sy vir haarself en Namibië het.
2 Jul 4AM 7 min