Venus se nasionale werkskepping sal gering wees

Loading player...
Reaksie kom in oor die finale omgewings- en maatskaplike impakbepalingsverslag vir die voorgestelde ontwikkeling van die Venus-olieveldprojek. Volgens die verslag sal die indiensnemingsimpak van die projek klein wees op nasionale vlak. In die konstruksiefase sal na raming 2 500 werksgeleenthede geskep word, waarvan 2 000 indirek geskep word by maatskappye wat olie- en gasprojekte ondersteun, soos arbeidsmagdienste, vervoer en logistiek. Namcor en Venus sê hulle glo in deursigtigheid. Kosmos 94.1 Nuus het met Namcor se Paulo Coelho gepraat.
22 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min