SA is gereed om die Afrika Davos-lentevergadering in '27 aan te bied

Loading player...
Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê Suid-Afrika is gereed, gewillig en bevoeg om die Wêreld Ekonomiese Forum se Afrika Davos-lentevergadering in 2027 aan te bied. Dit bring sakeleiers en openbare figure uit Afrika en die res van die wêreld byeen om te beraadslaag oor belangrike temas, openbaar-privaat vennootskappe en om Afrika se strategiese ontwikkelingsagenda te versnel. De Lille sê Suid-Afrika is die voorste bestemming vir sakegeleenthede in Afrika en die Midde-Ooste:
23 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min

VN-eis vir slawerny-vergoeding 'raak nie volksmoord-reparasies'

Politieke ontleder professor Henning Melber sê die onlangse resolusie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering wat vergoeding vir slawehandel eis, is grootliks simbolies, sonder bindende regsgevolge vir lande wat nie vir die resolusie gestem het nie. Melber sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit ook nie die Namibiese volksmoord…
24 Apr 10AM 1 min

Sacky vra weer vir staking van Fishrot-verhoor

Die Fishrot-beskuldigde Sacky Shanghala het die hoërhof weer eens versoek om die verhoor te staak, met die argument dat dit nie kan voortgaan terwyl 'n aansoek om onttrekking van regter Marelize du Plessis onopgelos is nie, insluitend enige moontlike appèl na die Hooggeregshof. Advokaat Ileni Gebhardt, wat Ricardo Gustavo verteenwoordig,…
24 Apr 10AM 1 min